Friday, 18 August 2017
Print PDF
cialis ® generika - tadalafil 20mg

Watter vereistes is daar vir jou gekose leerder?

Jou gekose leerder:

  • moet 'n Suid-Afrikaanse burger wees;
  • moet 'n afskrif van sy/haar groen strepieskode-identiteitsboek of geboortesertifikaat verskaf; en
  • moet teen sy/haar 35ste jaar begin studeer by 'n openbare kollege of universiteit wat in vennootskap met die NFBSS werk.

'n Belegger kan ook 'n Fundisa-fondsrekening open om vir sy/haar eie tersiêre onderrig te betaal.

-->

Back to previous page

Wie kan 'n Fundisa-fondsrekening open?

Wie kan 'n Fundisa-fondsrekening open?

  • Enige Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner wat wil help met die opvoeding van iemand vir wie hy/sy omgee, so lank die leerder 'n Suid-Afrikaanse burger is en die huishoudelike inkomste van die leerder se gesin nie meer as R180 000 per jaar is nie.
  • Jy hoef nie aan die leerder verwant te wees nie en jy kan enige leerder van jou keuse borg, mits die leerder se gesin nie meer as R180 000 in een jaar verdien nie.
  • Jy moet 'n Mzansi- of ander transaksiebankrekening en 'n groen strepieskode-identiteitsboek hê.
  • Al die geld wat jy spaar, behoort aan jou totdat dit oorbetaal word aan 'n openbare kollege of universiteit wat deur die Nasionale Finansiële Bystandskema vir Studente (NFBSS) erken word. Die NFBSS is die staatsagentskap wat verantwoordelik is om die onderriginstellings te betaal.
  • Dit is belangrik dat jy nie kontant oorhandig aan enige ander persoon as die effektetrustmaatskappye of banke waar jy 'n Fundisa Fonds-rekening kan open nie. Maak altyd seker dat jy 'n kwitansie kry vir enige kontant wat in jou Fundisa Fonds-rekening gedeponeer word.

Die leerder vir wie jy wil spaar moet

  • 'n Suid-Afrikaanse burger wees;
  • 'n afskrif van sy/haar groen strepieskode-identiteitsboek of geboortesertifikaat verskaf;
  • uit ’n gesin kom met ’n huishoudelike inkomste van minder as R180 000 per jaar;
  • teen sy/haar 35ste jaar begin studeer by 'n openbare kollege of universiteit wat in vennootskap met die NFBSS werk ;
  • ’n Belegger kan ook ’n Fundisa Fonds-rekening open om vir sy/haar eie tersiêre opvoeding te betaal.